Sterilisasie van diere in Kaapstad is nou verpligtend

Die sterilisasie van diere in Kaapstad is nou verpligtend, tensy ‘n vrystelling ingevolge ‘n nuwe verordening toegestaan word. Die Stad Kaapstad sê ‘n gewysigde Aanhou van Diere-verordening is gepromulgeer, wat baie meer omvattend is en wat dié bepaling insluit. ‘n Woordvoerder sê dit sluit ook in nuwe bepalings oor hondegevegte, riglyne vir die aanhou van bye en regulasies ten opsigte van die versorging van diere vir telers en kennels, sowel as vir troeteldier-salonne, dagsorgsentrums en hotelle vir troeteldiere, asook regulasies vir persone wat in die diere-welwillendheid-bedryf werksaam is.