Drankwet is nie die probleem nie, implementering is

Die Selfregulerende Alkohol-bedryfsforum het gereageer op die landwye vergaderings wat die Namibiese handelsministerie aanbied met rolspelers in die drankbedryf oor die administrasie van die drankwet. Die drankwet se doel is om nasionale norme en standaarde daar te stel ten einde ekonomiese eenheid binne die drankbedryf te handhaaf. Dit maak voorsiening vir maatreëls om drankregulering te bevorder. Horst Heimstädt, koördineerder van die forum sê die uitdaging is die implementering van die drankwet.