Data bring miljoene se inkomste aan telekommunikasie-maatskappye

Die jongste verslag deur die kommunikasie-owerheid Cran, toon dat telekommunikasie firmas die grootste deel van hul inkomste uit datadienste genereer en in die vierde kwartaal van verlede jaar het hulle 582 miljoen Namibiese dollar verdien. Van die bedrag het oproepe 191 miljoen dollar beloop en SMS-dienste, 36 miljoen dollar. Cran sê 97 persent van Namibiërs verkies om  WhatsApp te gebruik, in vergelyking met SMS-dienste. Mobiele datagebruik het met 8 persent toegeneem, terwyl die aantal SMS’e wat gestuur is redelik konstant gebly het. Vastelyngebruik het ‘n afname van 8 persent ervaar. Ongeveer 68 persent van mobiel SIM-kaarte word vir internetdienste benut, 3 persent meer as in die vierde kwartaal van 2021.