Dr. Leake Hangala openhartig oor pro-aborsie

Tydens die openbare verhore oor aborsie het die Voices for Choices & Rights Coalition aan die parlementêre staande komitee gesê daar moet na die stemme van vroue geluister word om aborsie te wettig voor dit aan die kabinet vir beslissing voorgelê word. Een van die eerste openbare figuere wat openlik op Twitter sy mening teen die verouderde wette oor aborsie uitgespreek het, is dr. Leake Hangala, wat op Kosmos 94.1 Nuus bevestig het hy is pro-keuse.