Ace sê asbes-korrupsiesaak is polities gemotiveerd

Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, sê dit is duidelik dat die 255 miljoen rand asbes-korrupsiesaak teen hom en 15 medebeskuldigdes polities gemotiveerd is. Hy het buite die hooggeregshof in Bloemfontein gepraat nadat hulle korrupsiesaak tot 3 November uitgestel is. Magashule sê die staat mors hulle tyd.