Downer moet privaat vervolg word, sê Zuma

Oudpresident Jacob Zuma vra vir die private vervolging van die staatsaanklaer, Billy Downer. Zuma se wapentransaksie-korrupsieverhoor word vandag in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg hervat. Die woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Mzwanele Manyi, beweer Downer het belangrike inligting, waaronder Zuma se mediese rekords, aan die media uitgelek: