Staatskaping sal Inkomstediens raak

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, sê die skade van staatskaping is ‘n werklikheid en diegene wat dit ontken, is óf ook skuldig daaraan óf beveg pogings om dit te hanteer. Hy het by die bekendstelling van die Ahmed Kathrada-uitstalling by Konstitusieheuwel in Johannesburg gepraat. Die geleentheid is ter herdenking van die oorlede anti-apartheidsaktivis se 93ste verjaardag. Kieswetter sê die land kan net vorentoe beweeg indien die staatskapers aanspreeklik gehou word, en indien daar ‘n visie is vir die pad vorentoe: