Dare to Care Rampfonds help brandslagoffers

Die Namibiese Landbou-unie is pynlik bewus van die impak van wydverspreide veldbrande regoor die land die afgelope weke wat groot skade aan weiding, eiendom en infrastruktuur aanrig. Die Dare to Care Rampfonds, wat deur die unie geadministreer word, is juis in die lewe geroep as gevolg van grootskaalse veldbrande. Die Dare to Care Rampfonds is totaal afhanklik van finansiële ondersteuning. Die unie versoek instansies en individue wat kan help, om finansiële bydraes aan die fonds te maak. Rina Hough van die Namibiese Landbou-unie gee die bankbesonderhede van die fonds.