Donker dae lê voor vir verbruiker

Berigte lui dat die kapitaalprojekte van NamPower wat oor die volgende vyf jaar uitgerol sal word en net minder as 14 miljard Namibiese dollar kos, die prys van elektrisiteit tot bo inflasie-vlakke sal dryf. Die nuus kom saam met die aankondiging dat vervoer en voedsel by verre die grootste bydrae tot inflasie maak met vervoer op 29 persent. Voorspellings vir nog brandstofprys verhogings is reeds deur ekonome gemaak omdat die olieprys steeds styg. Die plaaslike brandstofprys het reeds vanjaar vyf keer gestyg. Intussen het voedsel en drank 26,2 persent tot die inflasie-syfer bygedra en tabak 12 persent. Vleispryse is die grootste faktor in voedselpryse met hoender wat met 16 persent gestyg het, beesvleis met 13 persent, en vark met 9 persent.