Geen koalisie met ANC nie, sê ActionSA

ActionSA in Gauteng sê hy sal nie ná die munisipale verkiesing op 1 November ‘n koalisie met die ANC oorweeg nie. Partywoordvoerder Tlhogi Moseki sê ActionSA glo in reg en orde, etiese en bekwame leierskap, inwoner-gefokusde dienslewering en professionele openbare dienste. Hy het bygevoeg die party neem aan die verkiesing deel om die ANC uit die kussings te lig en Suid-Afrika van verderf en agteruitgang te red: