Cavendish amper daar in Tour de France

Mark Cavendish van Brittanje is nou net een oorwinning weg van die rekord van die legendariese Belg Eddy Merckx nadat hy sy 33ste Tour de France-skof gewen het. Hy het gister die tiende skof gewen na ‘n naelrit in Valence. Cavendish, wat vir Deceuninck-Quick-Step ry, het ook die vierde en sesde skofte van vanjaar se toer gewen. Die verdedigende kampioen, Tadej Pogacar, is steeds die draer van die geeltrui. Cavendish sê sy spanmaats het hom gehelp om die skof te wen: