Doen iets aan brandstof-belasting: Cosatu
Cosatu sê die buurland se regering moet die hersiening van die brandstofprysvoorskrifte bespoedig om te sien waar belasting verlaag kan word om verligting te bring vir verbruikers, pendelaars en die ekonomie. Die energie-departement het aangekondig die kleinhandelprys van 93 loodvrye petrol sal Woensdag met 65-sent per liter styg en 95 loodvry sal 67-sent per liter duurder wees. Cosatu se waarnemende woordvoerder Matthew Parks sê verdere ingrypings is nodig.