Dodetal van taverne-tragedie in Oos-Londen styg na 20

Die dodetal van die taverne-tragedie in Oos-Londen in die Oos-Kaap het intussen van 17 na 20 gestyg nadat drie slagoffers in die hospitaal gesterf het. Die slagoffers is oral dood in die taverne aangetref met lyke wat op die vloer, stoele en langs tafels gevind is, maar daar is geen sigbare tekens van beserings nie. Die slagoffers is glo skoolkinders tussen die ouderdomme van 14 en 19 wat die einde van die eksamens gevier het. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Tembinkosi Kinana, is forensiese kenners nog steeds besig om die misdaadtoneel te fynkam.