Vyf verdagtes vas oor renosterstropery in Etosha

Vyf vermeende renosterstropers is tot dusver in hegtenis geneem nadat 12 swartrenosterkarkasse in die noordwestelike deel van die Etosha Nasionale Park ontdek is. Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, sê nóg verdagtes gaan in hegtenis geneem word. Owerhede vermoed dat die verdagtes met ‘n ‘n reuse-stropery-sindikaat van verskillende lande verbind word. Die ondersoek na die stropery duur steeds voort.