Vermy pad tussen Grünau en Seeheim

Die Paaie-owerheid maan motoriste om weens die vloede nie die hoofpad 28 tussen Grünau en Seeheim in die Karas-streek te gebruik nie. Die owerheid sê die pad is deel van die C12-toeristeroete en is amptelik in 2014 weens die jaarlikse vloede gedeproklameer. Die pad word slegs deur boere gebruik om by hul plase uit te kom. Die owerheid waarsku verder motoriste om uiters versigtig op paaie tydens die reënseisoen te bestuur.