DNS-agterstand by SAPS vorder stadig

Die Suid-Afrikaanse maatskaplike geregtigheidsorganisasie, Action Society, sê hy is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie die agterstand in DNS-toetse in die land ernstig opneem nie. Die polisiebestuur het aan die Parlement gesê van die 210 864 gevalle wat as die aanvanklike agterstand geïdentifiseer is, is 44 537 teen verlede Donderdag suksesvol afgehandel. Daar is egter steeds ‘n agterstand van 166 327 gevalle. Elanie van der Walt van Action Society sê ‘n ligpunt is die finalisering van ‘n openbare en privaatsektorvennootskap met twee laboratoriums: