VSA kan beheer oor Covid hê teen Maart 2022

Die Amerikaanse kenner in aansteeklike siektes, dr. Anthony Fauci is van mening dat die VSA volle beheer oor die Covid-pandemie teen Maart volgende jaar kan kry, indien inentings voortduur. Dr. Fauci het ‘n digitale perskonferensie in die VSA toegespreek.