Alle Russiese gebiede (ook die in die Oekraïne) sal beskerm word

Die Russiese minister van buitelande sake Sergei Lavrov sê dat streke van Oekraïne waar referendums gehou word, Rusland se volle beskerming sal kry as dit deur Moskou geannekseer word. Die stemmery in vier oostelike Oekraïnse streke se uitslae sal môre bekend wees. Die vier gebiede sluit Luhansk, Donetsk, Kherson en Zaporizhzhia in. Die Russiese anneksasies verhoog die risiko van ‘n direkte militêre konfrontasie tussen Rusland en die Navo militêre alliansie aangesien Westerse wapens deur Oekraïnse troepe gebruik word. Oekraïne en sy bondgenote het die referendums afgemaak as ‘n swendelary wat ontwerp is om ‘n eskalasie van die oorlog en ‘n mobiliseringsaksie deur Moskou na onlangse slagveldverliese te regverdig.