Djokovic is gereed vir Wimbledon

Die wêreld se nommer-een-speler, Novak Djokovic, sê sy selfvertroue het ‘n hupstoot gekry nadat hy vanjaar reeds twee groot toernooie, die Australiese en die Franse Ope gewen het. Hy gaan probeer om die rekord van 20 groot titel-oorwinnings op Wimbledon te ewenaar. Djokovic wat reeds vyf keer vantevore die trofee op die All England-klub gelig het, begin vandag sy aanslag wanneer hy in die eerste ronde teen Jack Draper van Engeland speel. Die Serwiër sê Wimbledon inspireer hom om sy beste te lewer: