Mense wat tuis sterf, gebruik nie regte medikasie nie – Shangula

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het sy kommer uitgespreek oor die hoeveelheid Covid-sterftes wat by huise aangeteken is. Daar is 24 pasiënte verlede week by die huis oorlede. Daar word berig dat die ministerie die sterfgevalle ag as pasiënte wat Covid behandel met medikasie wat nie vir die virus goedgekeur is nie. Van die 55 sterfgevalle wat Sondag vir Saterdag bevestig is, het 13 persone in Gobabis by die huis gesterf en twee in Swakopmund. Shangula het die publiek gemaan om onmiddellik professionele mediese behandeling te bekom indien hulle Covid-simptome ervaar. Hy het bygevoeg dat in die afgelope sewe dae is 165 van die sterfgevalle nie ingeënt nie, 67 se inentingstatus is onbekend en vyf het die eerste spuit ontvang.