Nuwe maatreëls vir SA, skole sluit, verkoop van alkohol verbied

Suid-Afrika is vir die volgende 14 dae onder inperkingsvlak-vier. President Cyril Ramaphosa het die aankondiging gisteraand gemaak. Onder vlak vier is alle byeenkomste van enige grootte verbode, behalwe begrafnisse wat beperk is tot 50 mense. Die aandklokreël geld van nege-uur saans tot vier-uur in die oggend, terwyl daar ‘n totale verbod op die verkoop van alkohol is. Restaurante en ander eetplekke mag slegs voedsel vir wegneemetes of aflewering voorberei, terwyl die winterskoolvakansie vervroeg word en reeds Woensdag sal begin. Ramaphosa sê reis vir ontspanning na en uit Gauteng is verbode: