SAOG Grondwaterkonferensie vind in Windhoek plaas

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Grondwaterbestuurs-instituut in samewerking met Namibiese landbouministerie en ander streeks- en internasionale vennote sal die vyfde SAOG Grondwaterkonferensie aanbied, onder die tema “Groundwater: Making the Invisible Visible for Socio-Economic Development”. Die konferensie poog om ‘n platform te verskaf om maniere te bespreek om die bydrae van grondwater tot volhoubaarheid en eko-stelseldienste vir sosio-ekonomiese ontwikkeling en aanpassing van klimaatsverandering te verbeter. Dit is veral belangrik in die SAOG-streek wat baie uitdagings in die gesig staar wat multidimensionele oplossings vereis om die vele tekortkominge op huishoudelike vlak aan te spreek. Die konferensie vind vanaf 16 tot 18 November in Windhoek plaas.