Diversifisering van landbou is uitdaging

Een uitdaging wat telkens in die meeste gesprekke met rolspelers in die landbousektor ter sprake gekom het, is die behoefte aan die diversifisering van die uitvoermarkte na nie-tradisionele streke, terwyl die sektor se vastrapplek markte soos die Europese Unie is. Ander kwessies is die behoefte om logistiek te verbeter – paaie, spoorweë en hawens – asook die uitbreiding van landbou-finansiering, veral ontwikkelings-finansiering vir nuwe boere, en versterking van vertroue tussen die regering en die bedryf. Wandile Sihlobo, die hoof-ekonoom van die Landbou Sakekamer van Suid-Afrika gesels met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe hierdie uitdagings relevant is vir die SAOG-streek.