Dit was waansin om in die reën voort te gaan – Zim afrigter

Die Zimbabwiese afrigter, Dave Houghton, het die skeidsregters se besluit gekritiseer om gister, ondanks swaar reën, voort te gaan met hul T20-Wêreldbekerwedstryd teen Suid-Afrika. Die Proteas was fluks op pad na hul hersiene wenteiken van 64 in sewe boulbeurte, toe ‘n laaste bui reën die wedstryd beëindig het. Quinton de Kock het die telling tot 51 sonder verlies in drie boulbeurte geneem, maar die spanne moes toe die punte deel. Houghton sê Zimbabwe moes nie ‘n enkele bal geboul het nie: