Die wêreld het anders gelyk tydens Februarie se begrotingsrede 

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi sê toe hy die begroting in Februarie gelewer het, het die wêreld anders gelyk as vandag. Hy voeg by dat vooruitsigte vir groei afwaarts aangepas is en dit beteken ook ‘n afwaartse neiging met ons handelsvennote, wat die Namibiese ekonomie, en die Suider-Afrikaanse streek ook raak.