Modi wens Sunak geluk

Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, het die nuwe Britse eerste minister, Rishi Sunak, gelukgewens met sy nuwe posisie as leier van die regering en die Konserwatiewe Party. Modi sê hy sien daarna uit om nou saam met Sunak te werk oor globale kwessies. Die 42-jarige het geskiedenis gemaak as die eerste Brits-Asiër om die land se eerste minister te word. Sunak is in Southampton in Engeland gebore. Sy ouers is in Oos-Afrika gebore en sy oupas was van Punjab in die noorde van Brits-Indië, voor onafhanklikheid.