Informele nedersettings: Geingob se teiken is vergesog

Stad Windhoek sê President Hage Geingob se plan om informele nedersettings in vyf jaar te verwyder is vergesog. Geingob het in 2019 gesê hy wil alle informele huise as deel van die Harambee-welvaartsplan in vyf jaar uitwis. Hy het destyds gesê die lewensomstandighede van inwoners van informele nedersettings moet tot ‘n nasionale humanitêre krisis verklaar word. Volgens die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, is daar 53 374 sinkhuise in die land terwyl data van die Shack Dwellers Federation of Namibia vir 2018 aandui dat 995 000 mense in plakkershutte woon. Amutenya  sê die uitroei van sinkhuise in die hoofstad is ‘n baie groot uitdaging en dit duur voort omdat migrasie na die hoofstad, op soek na werk, ook voortduur.