Tom Cruise is goed vir KZN-toerisme

KwaZulu-Natal se LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake, Ravi Pillay, sê die teenwoordigheid van Tom Cruise en sy span in die provinsie is van groot betekenis. Dit is ook voordelig om plaaslike en internasionale toerisme aan te moedig en vir die groei van die ekonomie. Pillay sê die verfilming van ‘n internasionale rolprent in die provinsie en waarin ‘n wêreldbekende filmster verskyn, behoort meer plaaslike filmproduksies aan te moedig.