Dit brand weer suidoos van Groot Aub

Dit brand weer suidoos van Groot Aub met die plaas Biesiepoort wat dringend bystand vra. Die huidige brand is naby aan Maandag se brand op plaas Koregas wat onder beheer gebring is. Die gebied is sedert die begin van die sogenaamde brandseisoen geteister met herhaalde brande. Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers sê spanne is ontplooi.