Morero aanvaar hof se uitspraak oor Mpho

Die onlangs verkose burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê hy respekteer die hooggeregshof in Johannesburg se uitspraak om die voormalige burgemeester, Mpho Phalatse, weer aan te stel. Die hof het beslis Morero se verkiesing tydens ‘n raadsvergadering was onwettig. Morero het in ‘n verklaring gesê die ANC sal op Donderdag se raadsvergadering in die opposisiebank sit. Intussen het Phalatse gesê diegene wat haar kantoor onwettig beset, moet dit ontruim.