Mariental-polisie ondersoek nog nie Tjombe aantygings nie

Plaaslike berigte lui dat meer as ‘n week sedert die menseregte prokureur Norman Tjombe, wat optree namens die familie van Hendrina Amupolo, ‘n brief aan die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, geskryf het oor polisie-inmenging, is ‘n ondersoek nog nie geloods nie. Tjombe beweer die polisie op Mariental probeer hulle oortuig om die siviele saak van net meer as 10 miljoen Namibiese dollar te laat vaar. Die nege-jargie Amupolo is op Plot K11 net buite Mariental in Mei dood na sy raakgery op ‘n landery deur die groenskemaboer Johan Meyer. Meyer is aangekla op ‘n klag van strafbare manslag en is uit op 3 000 dollar se borg. Tjombe sê dit is dieselfde beamptes wat verklarings by die familie moes verkry. Tjombe het in Augustus ‘n siviele eis van 10 miljoen dollar teen Meyer in die hoërhof gebring. Luidens plaaslike media wag die Hardapbevelvoerder, Kommissaris Sydney Philander, op ‘n opdrag van Shikongo in die verband.