Dis weer tyd vir bateverklarings in die parlement…

Die verklaring van bates is jaarliks ‘n uitdaging in die Nasionale Vergadering. Die sperdatum van 30 April word elke jaar uitgestel. Verlede jaar het slegs twee parlementslede, die United Democratic Front-president Apius Auchan en visepresident Dudu Murorua, hul bates verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die parlement se senior inligtingsbeampte, Rafael Hangula, gesels oor of die lede al hul bateverklarings begin indien het.