Dis wat jy ‘n Krismisbonus noem – nou moet ons hom net kry…

Die soektog duur voort na ‘n tweede wenner, van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand, in die Power Ball Plus-boerpot. Die kaartjie is in Groblersdal in Limpopo met die vinnige-kies-metode gekoop. Charmaine Mabuza van Ithuba sê hulle het die eerste wenner opgespoor en hom in die miljoenêrsgroepie verwelkom. Hy is ‘n 72-jarige pensioentrekker van KwaZulu-Natal wat 14 jaar al Lotto speel. Hy het 100 miljoen rand uit verlede Dinsdag se trekking losgeslaan.