Robbe is weer in die nuus, ekoloog gesels…

Reaksie word ontvang op berigte dat die plaaslike rob-bevolking baie groot is op 1,4 miljoen diere en dat dit moontlik ‘n bedreiging inhou vir die visbedryf. Die regering het onlangs die kwota vir die jaarliks rob-oes bekend gemaak en 80 000 welpies en 8 000 bulle beskikbaar gestel. Die minister van visserye Derek Klazen sê die grootste uitdaging op die oomblik is dat die oes van die robwelpies, wat tien keer die getalle bulle is, nie finansieel vatbaar is nie en dat die mark vir bulle beter vertoon. Daar is ‘n baie groot Chinese mark van die liggaamsdele van die bulle wat vir tradisionele medisyne aangewend word. Die jaarlikse oes van die robbe lok baie groot kritiek uit van veral diereregte groepe. Dr. Debbie Gibson, ‘n ekoloog en lid van die Namibiese dierewelsynorganisasie NAWA het haar standpunt so verwoord…