Dis Warnock teen Walker in Georgia vandag

Amerikaanse kiesers in Georgia stem weer vandag vir hul kandidaat in die Senaat-wedloop in die deelstaat. Die Demokraat Raphael Warnock kom teen Hershel Walker van die Republikeine te staan. Warnock was tydens die tussenverkiesing net-net voor maar nie een kandidaat kon die nodige minimum van 50 persent behaal nie. Die veldtogte was aggressief en somtyds effe vuil gevoer, deur albei kandidate. Terwyl Donald Trump Walker ondersteun, het Barack Obama ook toesprake gelewer ter ondersteuning van Warnock…