Dis vandag Wêreldvlugtelingedag

Die internasionale hulporganisasie Dokters Sonder Grense Suider-Afrika het steun
toegesê aan die oproep dat vlugtelinge wêreldwyd beskerm word en by
gesondheidsorgdienste ingesluit word. Dié oproep volg te midde van
Wêreldvlugtelingedag wat vandag gedenk word. Dokters Sonder Grense beklemtoon
dat ‘n inklusiewe gesondheidsorgstelsel vir migrante wat lande in die streek binnegekom
of verlaat, nodig is te midde van ‘n derde Covid-19-vlaag.