Dubai verslap sy inperkingsregulasies

Suid-Afrikaanse reisigers sal binnekort toegelaat word om weer na Dubai te reis. Die
land se hoogste komitee vir krisis- en rampbestuur het aangekondig dat reise van
Woensdag af weer oop is. Die komitee sê egter slegs Suid-Afrikaanse reisigers wat
twee dosisse van ‘n UAE-goedgekeurde entstof ontvang het, sal volgens nuwe
protokolle toegelaat word om Dubai binne te kom. Passasiers uit Nigerië en Indië sal
ook toegelaat word. Emirates Airlines het die besluit verwelkom.