Covid-19-herstelkoers staan nou op 81%

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat die Covid-19-herstelkoers
nou op 81% staan en daar is reeds 104 103 mense ingeënt. Volgens die jongste
statistiek het die Covid-sterftes met 27 gestyg. Tien in Windhoek, drie elk in
onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja,
Tsumeb en Rehoboth en een elk in onderskeidelik Mariental, Walvisbaai, Katima Mulilo,
Andara en Swakopmund en die totale aantal sterftes staan nou op 1 161. Daar is die
afgelope 24 uur 1 403 nuwe gevalle aangeteken met Windhoek wat steeds die
brandpunt is met 548 nuwe gevalle