Dis vandag Wêreldskilpad-dag

Kaapstad se Twee Oseane-akwarium wens almal – en alle seeskilpaaie – ‘n gelukkige
Wêreldskilpad-dag toe. Die Amerikaanse skilpad-organisasie het die dag in 2000
ingestel om die reptiele van die oseane te vier. Die akwarium sê seeskilpaaie is
lewende dinosaurusse en het 90-miljoen jaar gelede ontstaan. Talle spesies is nou op
die gevaarlys en word deur uitwissing bedreig. Onlangse beramings van die wêreldwye
bevolking van leerrugseeskilpaaie toon dat hulle getalle sedert 1980 met twee-derdes
afgeneem het en dit daal steeds skerp.