Ramaphosa oor Ace Magashule

President Cyril Ramaphosa sê Ace Magashule behoort die laaste persoon te wees wat
die grondwetlikheid van die ANC se opsystaan-besluit bevraagteken. Dit volg na die
besluit van die geskorste sekretaris-generaal om die party hof toe te sleep. Ramphosa
het vrae by die oorhandiging van titelaktes aan boere in Limpopo beantwoord. Hy sê
ondanks die feit dat hy verras is oor die besluit van Magashule, gaan die ANC hom hou
by die hofproses.