Dis vandag twee jaar sedert eerste, harde inperking – ekonoom sê

Vandag twee jaar gelede is Namibië streng ingeperk as gevolg van Covid. Meer as 15 000 mense het sedertdien hul werk verloor en die verspreiding van Covid is nie bekamp nie. Meer as 4 000 Namibiërs is dood in die afgelope 24 maande. Kenners het ook vroeër gesê die wêreld het eenvoudig China se voorbeeld gevolg en ingeperk, sonder enige werklike navorsing. Die plaaslike ekonoom, Gabriel Erastus, stem saam.