Namibië vaar goed op Demokrasie-indeks

Die jongste Demokrasie-indeks, die een van 2021, plaas Namibië in die top-vyf demokrasieë in Afrika, Suid van die Sahara. Die land is vyfde op die vasteland geplaas en 65ste in die wêreld. Namibië het ‘n telling van 6,52 aangeteken met die hoogste aangeteken vir burgerlike vryheid, op 7,94. Mauritius is die mees demokratiese land in Afrika en die Demokratiese Republiek van die Kongo het die swakste gevaar. Noorweë is die mees demokratiese land ter wêreld met ‘n finale punt van 9,75. Noord-Korea, Mianmar en Afghanistan het die swakste gevaar.