Dis vandag agt jaar sedert die dood van Mandela

Dis agt jaar sedert die afsterwe van die struggle-ikoon Nelson Mandela. Die anti-apartheid aktivis is op 95 in Johannesburg oorlede. ‘n Kranslegging-seremonie en ‘n virtuele wedloop word vandag ter ere van hom by die Uniegebou in Pretoria gehou. Die uitvoerende hoof van die Nelson Mandela-stigting, Sello Hatang, sê hy het foto’s van mense uit Zambië en Tanzanië ontvang wat aan die virtuele wedloop deelneem.