Kundiges maan mense om kalm te bly te midde van die nuwe Covid-19-variant

Internasionaal en plaaslik doen kundiges ‘n beroep op mense om nie paniekerig te raak oor die Omikron-variant van die koronavirus nie.Namibië ervaar steeds ‘n toename in positiewe Covid-gevalle en die Windhoekse Pulmonoloog, dr. Willie Bruwer, het aan Kosmos 94.1-Nuus gesê Namibiërs moet net by die basiese gesondheidsreëls hou.