DA sê daar moet versigtig beplan word aan ramptoestand

Die DA sê die ANC het geen ander keuse as om toe te gee aan sy eis dat die Eskom-krisis as ‘n ramp verklaar word wat deur die ANC veroorsaak is nie. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa bevestig het die regering bevestig tans die regsvereistes om Suid-Afrika se energiekrisis as ‘n ramptoestand te verklaar. Die DA se skaduminister van Minerale Bronne en Energie, Kevin Mileham, sê enige verklaring van ‘n ramptoestand moet streng afgebaken word tot Eskom en die elektrisiteitsektor: