Dis tyd, Malema moet hof toe gaan oor haatspraak

AfriForum verwelkom die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se standpunt dat die EFF-leier, Julius Malema, se verklaring vroeër, haatspraak en aanhitsing tot geweld is. Die saak hou verband met uitlatings wat Malema verlede maand by die party se Wes-Kaapse Volksvergadering gemaak het, waar hy aan EFF-ondersteuners gesê het hulle moet nie bang wees om dood te maak nie. Die kommissie het Malema tien dae gegee om verskoning te vra, of anders voor die Gelykheidshof gedaag te word. Die AfriForum-woordvoerder, Ernst van Zyl, sê dit is tyd dat Malema hof toe gaan: