Dis Tsitsipas teen Fokina in Monte Carlo

Die verdedigende kampioen van die Monte Carlo-meesterstoernooi, Stefanos Tsitsipas, het gister vinnig klaargespeel met Alexander Zverev. Tsitsipas kom nou te staan teen Alejandro Davidovich Fokina, die speler wat die wêreld nommer een, Novak Djokovic, gestuit het. Die Griekse speler, wat derde op die wêreld-ranglys is, het Zverev met 6-4, 6-2 geklop. Davidovich Fokina, wat 46ste op die wêreldranglys is, het na sy eerste ATP-eindstryd deurgedring deur Grigor Dimitrov met 6-4, 6-7, 6-3 te verslaan.