Dis Sondag Tuindag – plant iets

As plante en blomme jou bekoor, veral met ons warm en droeë toestande…. Hierdie Sondag is Tuindag. Die tuinbouspan van een van die land se oudste tuine op die wynplaas Vergelegen in Somerset-Wes, het hard gewerk om te verseker dat die tuine absoluut pragtig lyk. Vergelegen se besturende direkteur, Wayne Coetzer, sê hulle het die plaas in 1987 gekoop met die spesifieke doel om dit te restoureer as ‘n nasionale skat vir alle Suid-Afrikaners, en dis daarom die perfekte bestemming vir Tuindag. Die tuinboukundige op die plaas, Richard Arm, sê die bekende eiendom is 321-jaar-oud en het 18 groot tuine: