MTC wil nie sê oor hoeveel aandele verkoop is nie

MTC het nog nie bekend gemaak hoeveel aandele nog beskikbaar is nie maar het bevestig dat daar steeds beskikbare aandele is vir die publiek om te koop. Standaardpraktyk is om die publiek deurgaans op te dateer oor die verkope om beleggers die geleentheid te bied om te bepaal wat die belangstelling is. Andele is sedert 20 September beskikbaar met ‘n minimum van 200 wat teen 8 dollar 50 sent gekoop moet word. Dus is die minimum belegging 1 700 dollar. Daarna moet aandele in groepe van 100 aangekoop word. ‘n Totaal van net meer as 367 miljoen aandele is te koop aangebied.