Dis nie die oorlog wat sonneblomolie opstoot nie, dis uitbuitery

Die Suid-Afrikaanse Mededingendheidskommissie het ondersoek ingestel na die inflasie wat tans van toepassing is op eetbare olies en vette. Plaaslik styg die prys met meer as 25 persent maandeliks – op produkte wat in Suid-Afrika vervaardig word. Volgens die kommissie is die styging in die pryse groter as algehele voedselinflasie en die ondersoek toon dat die waardeketting die probleem is. Suid-Afrika voer sonneblomsaad vanuit Europa in en verwerk dit. Pryse in die waardeketting het tot dusver vanjaar met 72 persent toegeneem. Die kommissie beskryf dit as opportunistiese prysstygings veral omdat die prys van sonneblomsaad redelik stabiel vertoon. Die kommissie sê verder dat verhoogde insetkoste nie die prysstyging regverdig nie. Die kleinhandel sektor blyk om van die prysskokke te absorbeer het. Op die winkelrak het pryse met 36 persent gestyg maar die winsmarge het met 14 persent gedaal.